Klikkerland


Kom kuier, lag en dans saam met KLIKKERLAND!



 


**BIETJIE MEER OOR DIE POETSE, PLANNE & PRET TEATER VERTONING**


In hierdie maltrap avontuur ontsnap'n paar veldmuise in die Klikkerhuis en maak groot amok! Een van die Klikkerlanders leer dat die ou gesegde dat "Slim soms sy baas vang" baie waar is en verskeie poetse en misverstande veroorsaak groot konsternasie! Die Klikkerlanders benodig ook die hulp van maats in die gehoor om 'n raaisel op te los! 'n Avontuurlustige Klikkerlander is seker hy is gereed om te vlieg in sy "vlieg stoel" en een van die Klikkerland vriende, Meneer Volstruis kom kuier ook saam.
Die gehoor voel deel van die aksie en sal die vertoning verlaat met 'n ligter hart. Die Klikkerland teater vertoning is reeds met groot sukses ontvang by US Woordfees 2017 in Stellenbosch en die KKNK 2017 in Oudshoorn.
Klikkerlanders is ook te sien op kykNET en hul DVD reeks is beskikbaar in alle goeie musiekwinkels. Klikkerland Vol 3 is ook in 2017 benoem vir ‘n Ghoema vir Beste Kinderalbum of DVD.



**BIETJIE MEER OOR DIE KLIKKERLANDERS**


Klikkerland is ‘n nuwe Afrikaanse vermaaklikheidsgroep wat reeds diep in kinderharte gekruip het! Die Klikkerland vertonings is baie energiek, vol musiek en danse. ‘n Prettige storielyn, opgewekte musiek en nimlike karakters sorg vir gehalte vermaak. Die optrede is vol oorspronklike treffers en Klikkerland verras ook met ‘n paar goue oues wat die mammas en pappas net soveel soos die kleinspan sal geniet. Ons visie en doelstelling is om Afrikaans pret te maak en kinders te help met Afrikaanse woordeskat, uitspraak en om hul te leer van alle interesanthede. Die karakters is goed beplan sodat daar ‘n persoonlikheidstipe vir elke kind is. Selfs die name van die karakters is gekies om te help om kindertongetjies te oefen om moeilike Afrikaanse klanke uit te spreek! Kinders wie se huistaal nie Afrikaans is nie sal ook baat vind by Klikkerland.


Laat weet my indien jy enige verdere vrae het – ons hoop om julle daar te sien. Dit beloof om een groot belewenis te wees vir die kinders; en die ouers sal dit ook geniet. Dis die perfekte geleentheid om ‘n lekker dag saam met jou gesin te spandeer.


Om op hoogte te bly van TOP Kindervermaak in jou omgewing, like ons nasionale FB blad: www.facebook.com/kindervermaaksa


Volg ons op TWITTER en INSTAGRAM vir oulike plasings, wat waar gebeur en ander prettighede: @KindervermaakSA


Word ook deel van Klikkerland se FB bladsy: www.facebook.com/klikkerland . Vind hul ook op twitter!




za
0
0.0/5 for 0 rate
0
22-06-2017

Related sites Klikkerland

Arcade Xtreme
What began as a hobby, stayed a hobby. We custom build retro arcade games for everyone to re-live...
Centurion Theatre / Teater
By die Centurion Teater kan jy seker wees van gehalte vermaak in 'n atmosferiese, knus omgewing....
 
Powered by Arfooo directory © 2007 - 2019    Generated in 0.156 Queries: 9    Contact    Newsletter    Webdesign by Xtreme Components